14 Minutes with God

This is our dedicated 14 minutes with God page.

Below you will find a contribution invitation to upload one of five types of files namely: WORD(txt), PDF, audio, picture, and a video file. You will be restricted regarding file sizes, therefore keep your contributions relevant and short. If your file is bigger than 100MB it won't accept it!

We are looking forward to your 14 minutes with God contributions. 

Join our Telegram platform:


14 Minutes with God

Wynand Prinsloo 18 Maart 2020

Lees vanoggend iets mooi is 

Spreuke 12:28 Op die pad van geregtigheid is lewe, en die rigting van hierdie pad is onsterflikheid. 

Dis vir my so mooi want daar is geen tol op die pad nie maar net onsterflikheid. 'n Run wat verseker die lewe werd is. 

So many times I wanted to relay on my own ability, but there is only one who can truly hold us wherever we go

Can only say, He never failed me


Andre van der Merwe 01 April 2020

1 April 2019 vandag presies een jaar terug gaan ek iets probeer deel. Ek het dit nog met niemand gedeel nie behalwe my ouer suster en nou my 14 groep maats Presies n jaar terug om 9h30 net toe ek die grassnyer en edge cutter uit het om te begin sny, kry ek moes so n duisterigeheid in my kop en lyf. Min wetende wat werklik aangaan, het ek net gevoel vandag gaan die dag wees. Wat toe eintlik met my lyf aan gaan weet ek nie maar besef terdee dit wat nou aangaan is nie goed nie. Ek gaan probeer beskryf wat ek ervaar het. Met die wat ek uit geklop was werk jou brein nog steets wat hoe weet ek wat ek gesien het Daar het n groot skerp wit lig te voor skyn gekom waarna ek opgekyk het en Hom daar gesien staan met beide my ouers in die agter grond gestaan het. Omrede ek nog nooit die dood gevrees het het ek vir Hom gese, eks reg om te gaan en het snaaks genoeg geen weerstand teen my self gebied nie. Wat ek maar dink is dat Hy vir my gese jy moet vir nog eers daar bly waar jy is, en so kom my liggaam stelsel matig terug na die hede. Het toe wel trombose aanval gehad en later die selle dag n hartaanval.Alles is nou redelik onder beheer maar daar is ongelukkig blywente skade, maar kan saam met leef. Ek wou maar net bogenoemde deel met julle en my gedagtes n verfris. Nooit gedink ek sou so iets hier se nie maar het dit tog wel regekry😌 

Ek het so in die jaar 2012 op my Vulcan 900 na kliënt in Rustenburg gery. Op pad het ek soos gewoonlik wolke bekyk as ek die kans kry( lang reguit stuk pad). Ek merk toe ‘n wolk in die vorm van ‘n oop hand. Dit was ’n  regter hand want die duim was aan die linker kant. Geen twyfel dat dit nie ‘n volledige hand was nie. Dorette sê altyd ek het baie goeie verbeelding want sy kan nie sien wat ek sien nie. Ek het lang draai na regs genader en deur gegaan en weer op die reguit pad na die wolk gesoek. Dit was net WOW gewees ek moes dit weer aanskou!! Toe merk ek die hand weer op maar die keer was die hand toe gewees, soos mens vuis maak. Ek kon die duim oor die vier vingers sien. Geen twyfel nie dit was ‘n toe hand. Was baie spesiale ervaring en het dit daar gelos. Klient gesien geen besigheid gedoen nie.

 ‘n Week later is ek uit genooi na Oom Angus se vry stelling van sy tweede film. Ek en vier ander CMA manne was deel van die film waar die biker sy colours gekry het en daarom die uitnodiging. “Ja ek was ‘n moevie star gewees”.  Dorette was op konferensie en ek het ‘n vriend, Dawie saam geneem. Ons albei was op Bussas gewees. Die een waarop ek gery het was iemand anders se bike wat ek moes ry om seker te maak die battery laai weer. Dit was renerige aand en die tweede keer in my lewe dat ek reenjas aan gehad het. So twee km voor Graystone afrit is daar ‘n opdraend en toe ek oor die bult ry sien ek net rooi ligte … Die Highway staan stil. Ons was ongeveer op 100kmph gewees. Alles nog OK maar toe swaai ‘n rooi kar voor my in en ek skrik en gryp vol hand en die Busa se voorwiel gepad onder my. Alles het so vining gebeur… ek kon nie eens voet uitsit om bike te probeer regop hou nie.

 Ek is gesig eerste teerpad toe met my hande probeer keer, my helmet het die teerpad met ‘n slag getref en ek het vir ongeveer vyf en twintig meter oor die pad geskuur. Dit was die onaardste geluid wat ek nog gehoor het. Ek was op pad na die konkryt barrier. Ek was in die tweede vinnigste baan gewees en het oor die vinniger baan beweeg. Ek het toe ook agter gekom dat ek nie meer op my maag skuur nie maar op my  rug is. Sou later uitvind hoekom. Die Busa se agter rem pedal het op my hak af gebreek en dit het my om gedraai op my rug. Die Vixsen boot wat ek aan gehad het staal presies op die regte plek gehad. As dit nie vir die staal was nie het ek dalk nie vandag twee werkende voet gehad nie. Terwyl ek en Dawie langs die highway staan en wag om recovery, het die Heilige Gees my terug geroep na ‘n maand terug….

 Ek onthou toe die oop hand, Die Here het my al een maand tevore bevestiging gegee, jy is altyd veilig by My. Die hand van God wat sê, hier is My hand, sit jou hand in my hand… die toe hand is… Ek sal jou hand vashou en nooit laat los nie, Ek sal jou veilig hou, vertrou op My. Ek is jou beskerm Heer, by My is jy veilig. Ek het geen been breuke of stukkende plekke gehad nie, God het my inderdaad beskerm van iets  wat baie erger kon gewees het. Die blou kolle het die volgende dag na vore gekom en die lyf seer was daar, maar ek was OK. Ek weet vandag as my strepie getrek word of Jesus kom haal sy kerk, ek sal saam gaan, ek het intense verlange na Hom en probeer, in my vleeslikheid , om elke dag om nader aan Hom te lewe.

As ek dink aan ons laaste Boeta op ons groepie wat die tydelike met die eweige verwissel het… DIT IS VEREWIG… en as dit met my en jou gebeur, is ons seker dat ons lewe en verhouding met Hom REG is. Dink daaroor.

 Groete en Lekker dag

 Loodvoet